AM Voigt staak skaapboerdery veiling van Dohne Merino Kudde vind plaas op 10 Desember om 11:00 te Rosenberg, Malmesbury.
Aanbod:
± 1 259 Kommersiële Dohne Merino skape!
± 445 Ooie met lammers (2 tand – volbek)
± 220 Ooie (dragtig; lam vanaf 20 Januarie 2021; 2 – 4 tand; meeste lam van Dormer ramme)
± 134 Ooie (by ram geloop vanaf 1 November 2020; 2 tand – volbek)
5 Dohne Merino Ramme
10 Dormer Ramme
Nota: Van die ooie is aangekoop by Suidplaas Dohne Merino’s. Alle ooie lam in ‘n intensiewe lamhok stelsel met RFID tegnologie. Dragtigheidstatus en katalogusinligting sal dag van veiling beskikbaar wees.
Veehanteringstoerusting ens.,
RFID skaap sorteerstelsel (met skaal, 5 rigting vir sortering en spuitdip). Lamhokstelsel (vir 200 ooie). Wolbaal pers (dubbel baal). Woltafel. 10 Kruipvoerders. 30 Voerkrippe. 15 Krippe. Beeslaaibank (gegalvaniseerd; met papiere). Mobiele Laaibank (met nek klap en beestralies; beeskraal). Beesnekklamp (gegalvaniseerd). Aantal skaaphekke (verskillende lengtes). Aantal beeshekke (gegalvaniseerd).
Roete:
Vanaf Malmesbury: Ry op die Klipheuwel / Durbanville teerpad (R302) vir 19 km.
Vanaf Agter-Paarl (Perdeberg Kelder): Ry op die Vryguns / Malmesbury pad vir 4 km.
GPS:
S 33° 37.3101’
E 018° 45.9494’
Navrae:
Wilhelm van Niekerk (083 284 7100; Bemarker; Malmesbury).
Dieter Schutte (079 500 7525; Veilingskoordineerder; Paarl).
Carl Malherbe (082 496 3446; Afslaer; Klipheuwel).