BESTORWE BOEDEL - IAN DU PLOOY

11 February 2025

In opdrag van die erfgename in die Bestorwe Boedel van Ian du Plooy word die volgende te koop aangebied op Dinsdag die 11de Februarie 2025 om 11 te plaas Soetmelkvlei tussen Heilbron en Sasolburg. 

Op aanbieding:

Eiendomme te huur (Home & Hectare (Edms) Bpk bied die eiendomme aan): 961 ha Weidingsplase in die Heilbron/Sasolburg distrik

Beskrywing: Bestaan uit 961 ha weiding. Huurgrond geleë in baie goeie area.

173 Vleismerino skape, waarvan:

- 110 Ooie met lammers.
- 60 Ooie (by ram geloop).
- 3 Ramme.

* Nota: Ooie word volgens ouderdomsgroepe verkoop. Dragtigheidstatus en katalogus inligting sal dag van veiling beskikbaar wees.

633 Limousin beeste, waarvan:

- 200 Koeie met 200 kalwers (loop by Limousin bulle; moontlik 3-in-1).
- 141 Koeie (loop by Limousin bulle; dragtig).
- 80 Verse (Loop by Bovelder bulle).
- 9 Limousin bulle.
- 3 Bovelder bulle.

218 Bonsmara beeste, waarvan:

- 79 Koeie met 79 kalwers (loop by Bonsmara bulle; moontlik 3-in-1).
- 56 Koeie en verse (loop by Bonsmara bulle; dragtig).
- 4 Bonsmara bulle.

* Nota: Baie goeie boer beeste. Dragtigheidstatus en katalogus inligting sal dag van veiling beskikbaar wees.

7 Trekkers: John Deere 6330 (met Trimble; 6925.5 ure). 2 John Deere 6100D (4x4; 4522.3 ure & 4413 ure). John Deere 2351 (met Rovic laaigraaf). Fiat 100-90. Fiat 640. CAT 428E TLB (met saklaaier).

Vragmotors: Nissan CK 10 vragmotor (met veetrailies). Scania R420 voorhaker dubbel-as met 2 SA Truck Bodies kantelwaens (”interlink”).

Sleepwaens: 2 LM sleepwaens (met massakante). 2 Platbak sleepwaens. Plaaswa (met massakante). 2 Water karre (vlekvrye staal; ±20 000l en ±10 000l). Vetsak waterkar (2000l). Dubbel-as beeswa. Gruis wipbakwa. Wa met 4 graanbakke.

Skottel-; skaar- & tandwerktuie: G-North & Son hidrouliese kontra sny-eg (28 skottel). Vibroflex (17 tand; met eggies). Aantal sleep-êe en roltand-êe. 2 Rygewas skoffels.

Planters: Stagfold (10 ry; met 5 vt John Deere eenhede; vol presisie; 20/20 skerm). Fynsaadbed planter (met rollers).

Stroper & stropertoerusting: Case 6140 stroper (294 ure; baie mooi, soos nuut). Geringhoff mielietafel (10 ry; soos nuut). Havco oorlaaiwa (16 ton).

Graantoerusting: Kelber Weber graansif (40 ton/per uur). Awegaars met aflaaibakke. 50 Remacon graandam mure (2.4m hoog). Mobiele aflaaibak (9m; 60 ton/uur)

Werkswinkeltoerusting: Co2 sweismasjien. Pers (20 ton). Kompressor (elektries). Hoëdruk waspomp. Beton menger. Plasma snyer (elektries). Bore & staanbore. Hoeksnyer. Slypmasjiene. Gemonteerde slypmasjiene. Moersleutel gereedskapkas (met gereedskap). Werkstafel. Trollie domkrag. Te veel om te noem.

Voermaaktoerusting: Vetsak hammermeule. Kuhn snyer (5 tol). Lely rolhark (5 tol). Lely Welger RP 205 baler (Soos nuut). Roff mieliebreker. Swaailemsnyer. 20 Voerringe. Aantal voerbakke. Voermenger RMH250.

Veehanteringstoerusting: Aantal Taltec beeshekke met laaibank en kopklamp. Aantal soutbakke. Staffix elektriese omheining. Van Zyl Staalwerke hidrouliese wol pers (dubbel-balie) met wolklas tafel. Waterkrippe. Yskas vir entstowwe. Veemedisynes. Vee lekke.

Kragopwekker: Lovol kragopwekker (92,3KW; 2020, baie min gewerk - soos nuut).

Weegbrug: Klerkscale (24m; 60 ton; met rekenaar; volledig).

Diesel tenks & toerusting: Diesel tenk (14 000l). Diesel kar. Africlock stelsel.

Ander plaasgereedskap & losgoed: 2 Vuurvegters. 3 Lister enjins. 5 Kunsmistenks (2 x 10 000l en 3 x 5000l). 3 Sentrifugale kunsmispompe. Vervoerbelt “conveyer”. 5 Beton waterkrippe. Rovic grondboor (3 punt). Aantal staal, sinke, skroot yster, hout planke, draad, sparre, ysterpale, hoekpale, ens. Te veel om op te noem.


Roete:

Vanaf Heilbron: Ry op die Sasolburg pad R57 vir 9 km. Draai links op die Wolwehoek pad. Ry vir 21 km. Draai regs by plaas in.

Vanaf Sasolburg: Ry op die Koppies pad R84 vir 25 km. Draai links op die S71. Ry vir 7 km. Draai links by plaas in.

Navrae:

Stiaan Smit 067 596 2491
Afslaer: Jan Mostert 083 306 8408
BKB, Frankfort: 058 813 1071

Veilingspamflet:

- Klik hier om bladsy 1 te besigtig

- Klik hier om bladsy 2 te besigtig

- Klik hier om bladsy 3 te besigtig

- Klik hier om bladsy 4 te besigtig