CP BRAND ALGEHELE UITVERKOPING

Loading Events

« All Events

CP BRAND ALGEHELE UITVERKOPING

Sep 23 @ 11:00 am - 5:00 pm

CP BRAND ALGEHELE UITVERKOPING INFORMATION


Die algehele uitverkoping van CP Brand vind op 23 September 2020 om 11:00 te Zoetfontein, Rosendal plaas.

Eiendom 1 op aanbod: Restant van die plaas Zoetfontein, nr. 255. Distrik Senekal, provinsie Vrystaat. Grootte: 129,6803 ha.

Beskrywing: Bestaan uit ‘n  2-slaapkamer naweekhuis. Groot oop afdak stoor. 2 Kleiner toe store. Veehanteringsfasiliteite. Waterkrippe in al die kampe. Arbeidershuise. Sterk boorgat met Lister enjin (getoets 15 000l per/uur). Windpomp op tweede gat (by sement en gronddam). Verskeie fonteine. ±20 Ha lande. ±15 Ha aangeplante weiding (Oulandsgras). Goeie heining en goed afgekamp.

Eiendom 2 op aanbod: Restant van die plaas Uitkijk, nr. 201. Distrik Senekal, provinsie Vrystaat. Grootte: 183,2323 ha.

Beskrywing: Boorgat met dompelpomp. Sementdam. Stoorkamer. Veehanteringsfasiliteit. Windpomp op tweede gat. 2 Gronddamme. Waterkrippe in meeste kampe. Sterk fontein. ±20 Ha lande. ±75 Ha aangeplante weiding (Oulandsgras). Goeie heinings.

  • Verkoopsvoorwaardes (eiendom):
    1.  10% Deposito dag met veiling.
    2.  Waarborge vir balans binne 30 dae na bekragtiging.
    3.  Bekragtiging enige tyd binne 7 dae na veiling.
    4.  Besitname by onderhandeling.
    5.  Volle voorwaardes is beskikbaar.

Beeste op aanbod:

64 koeie (dragtig of besig om te kalf)

13 verse (2 jaar oud; gereed vir bul)

10 verse (1 jaar oud)

7 bulle (2 jaar oud)

11 bulle (1 jaar oud)

3 stoet bulle

1 kommersiële Beefmaster bul

  • Nota: Al die eerste kalf verse het reeds gekalf.  Dragtigheidstatus en katalogus inligting sal dag van veiling beskikbaar wees.

Trekker: Ford 6600.

Planters: MF 9000 planter (6 ry; 2 jaar oud).  MF 555 planter (4 ry; met gifspuit).  Henru fynsaadplanter.  Soilmaster koringplanter (9 ry).

Sleepwaens:  2 Sleepwaens (6 ton).  Leo beeswa.

Ander plaasgereedskap: Slattery stroper (1 ry).  Taltec laaibank. Taltec beesskaal.  Dieseltenk (op staander; 2500l).  Hoffman kragopwekker.  Honda kragopwekker/sweismasjien.  Stihl kettingsaag.  Werksbank.  6 Voerringe.  Taltec beesvoerkrip.  Aantal lekbakke.  Dieselkar (600l).

Voer: Hawersaad.

Voermaaktoerusting: Krone KR150 rondebaler.  Falcon swaailemsnyer (1.8m).  Falcon hooglaai voervurk.  Voervurk (3 punt).  Stihl bossiekapper.

Skottel-; skaar- & tandwerktuie: 2 Ploeë. Hidrouliese kontra sny-eg (24 skottel).

Roete:

– Vanaf Paul Roux:   Ry op die Senekal N5 vir 800m.  Draai links op die Rosendal grondpad.  Ry vir 2.5km.  Draai links op die Rosendal pad.  Ry vir 12km.  Draai regs by plaas in.

– Vanaf Rosendal:  Ry deur die dorp op die Paul Roux grondpad vir 9km.  Draai links by plaas in.

Navrae:

Gerrie Britz 082 828 2855

Afslaer: Jan Mostert 083 306 8408

BKB Louwid, BETHLEHEM: 058 303 8552

Veilingspamflette:

Other

Provinces
Free State
Category
Properties, Total Dispersal Sale, Stop Farming Sale, Equipment, Beefmaster
Cities
Rosendal

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!