EBEN PIETERSEN & PIETERSEN FAMILIE TRUST VEILING INFORMATION
Woon Eben Pietersen & Pietersen Familie Trust se veiling op 23 Junie 2020 om 11:00 te Tweedepoort, Amersfoort by.
Op aanbod:
Eiendom 1:
Resterende gedeelte van die plaas Tweedepoort 54 in Mpumalanga (594.6031 ha).
Drie slaapkamer woonhuis met dubbel motorhuis, arbeiders kwartiere, stoor werkswinkel, groot stoor en afdakke.
Plaas bestaan uit aangeplante weiding (6 ha), lande (80 ha), en weiding (480 ha) opgedeel in ses kampe met ses grond damme vir suipings, boorgat met ‘n sonpomp.
Geen Eskom krag.
Eiendom 2:
Gedeelte 2 van die plaas Tweedepoort 54 in Mpumalanga (287.4407 ha).
Klip skuur, twee boorgate, windpomp, spruit loop deur plaas.
Plaas bestaan uit weiding (225 ha) en lande (60 ha) opgedeel in drie kampe.
Eiendom 3:
Gedeelte 10 (gedeelte van gedeelte 9) van die plaas Tweedepoort in Mpumalanga (549.2553ha).
Vier slaapkamer woonhuis, staal afdakke, werkswinkel, voerstoor, varkhokke, klip beeskraal met drukgang.
Plaas bestaan uit weiding (390 ha) opgedeel in 3 kampe, lande (6 ha), en aangeplante weiding (5 ha), sonpomp, windpomp, spruit loop deur plaas, groot grond dam word deur fontein gevoed.
*Nota:
Verkoopsvoorwaardes (eiendom): 10% deposito dag met veiling. Waarborge vir balans binne 14 dae na bekragtiging. Bekragtiging enige tyd binne 7 dae na veiling. Besitname by onderhandeling. Volle voorwaardes is beskikbaar.