FRIK & JAAP VAN DER WESTHUIZEN

Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

FRIK & JAAP VAN DER WESTHUIZEN

Sep 18 @ 11:00 am - 5:00 pm

Frik & Jaap van der Westhuizen

Algehele Uitverkoping!

Woensdag, 18 September 2019 om 11:00 te Doornkop, Parys.

Aanbod

EIENDOMME TE KOOP:
(BKB EIENDOMME (EDMS) BPK bied die eiendomme aan)

Die volgende TWEE EIENDOMME word as ‘n EENHEID aangebied:
EIENDOM 1:  Die plaas Doornkop nr. 148 en die plaas Doornkop ‘A’ nr. 47.  Distrik Parys, provinsie Vrystaat.  Groot: 240.0502 ha.
EIENDOM 2: Seker resterende gedeelte van die plaas Klipplaat ‘A” nr. 147.  Distrik Parys, provinsie Vrystaat.  Groot: 87.2997 ha.
Totale grootte: 327.3494 ha.

Beskrywing:  Rooi sandgrond lande (47.69ha).  8 Weidingskampe (totale grootte 279.6579 ha; elk met voldoende watervoorsiening).  Aangeplante weiding (70 ha; Smutsvinger en Oulandsgras).  Besproeiing (8 ha).  4 Boorgate (toegerus met dompelpompe; voorsien ±50 000 – ; 30 000l – ; 7 000l -; 5 000l afsondelik).  2 Boorgate met windpompe (7 000l elk).  Verbeterings: Woonhuis (+\- 360m²) met 4-slaapkamers (met ondervloerse verhitting), 2 badkamers, kombuis, opwas kamer, oopplan eet- en TV kamer, aantrekkamer, kantoor, 2 motorhuise aan die huis, ‘n groot stoep, swembad, groot tuin (met besproeiing).  Store en buitegeboue.  Beeshanteringsfasiliteite.  Buitekamer (32m²; kan sluit), voerstoor (60m²; kan sluit), klipstoor (290m²; kan gemaak word om te sluit), werkstoor (260m²; kan sluit). Stoor bestaan uit: ‘n kantoor, motorhuis en werksplek.  Slagpale (70m²; toegerus met “rails”, koelkamer, geyser, warm en koue water; vir slag van lammers).   Koelkamer ( vir 30 karkasse; kan sluit).  Lamhokkie stoor  (580m²; kante toe met skadunet; plek vir 180 lamhokke).  12 Ooi- en lamkampe (+\- 40m² elk; met afdakke).  Onder dak voerkraal (vir 500 lammers) bestaan uit: 4 krale, krippe en ‘n gang in die middel.  Eskom krag (3 fase).   Plaas is ideaal vir skaapboerdery semi intensief met ten volle toegeruste skaaphanteringsfasiliteite; besproeiing; aangeplante weidings, goeie natuurlike weiding en baie water.

Die volgende TWEE EIENDOMME word as ‘n EENHEID aangebied:
EIENDOM 1: Die plaas Wildehondefontein 185, distrik Parys, provinsie Vrystaat.  Groot: 172.3656 ha.
EIENDOM 2: Die plaas Rooibult 172, distrik Parys, provinsie Vrystaat. Groot: 76.2313 ha. Totale grootte: 248.5969 ha.

Beskrywing:  Lande (118.66 ha; goeie diep rooigrond).  3 Weidingskampe (129.9369 ha).  2 Boorgate met windpompe (±70 000l en 8000l).  Spaarboorgat (nie toegerus; ±9000l).  2 Standhoudende gronddamme (beide in een kamp).  Ou beeshanteringsfasiliteite nog in werkende toestand.  Lekker saai- en veegrond met baie water.

Die volgende TWEE EIENDOMME word as ‘n EENHEID aangebied:
EIENDOM 1:  Grootfontein (343.4451 ha).
EIENDOM 2:  Die plaas De Hoek nr. 150, distrik Parys, provinsie Vrystaat.
Groot:  85.6532 ha. Totale grootte:  429.0983 ha.

Beskrywing:  Lande (251.75 ha; bestaande uit turf en rooigrond).  5 Weidingskampe (177.3483 ha).  Water word hoofsaaklik van die plaas Doornkop voorsien maar het genoegsame boorgate van sy eie om selfstandig te kan voorsien.  Verbeteringe:  Besproeiing met moederlyne water vanaf Doornkop (8 ha).  Boorgat (toegerus met dompelpomp; ±9000l).  4 Spaar boorgate (nie toegerus nie; voorsien ±80 000l -, 20 000l -, 5000l – en 7000l -afsondelik).  6 Werkershuise met Eskom krag en water asook ‘n klein skoolgebou met krag (nie meer in gebruik nie).  Woonhuis (±320m²; Eskom krag) met 4-slaapkamers, badkamer, groot kombuis, eetkamer, 2 sitkamers waarvan een uitloop na lapa (50m²).  Woonstel (80m²) met ‘n groot sitkamer wat ook uitloop na die lapa, badkamer en groot slaapkamer.  2 Buitekamers.  Motorhuis (40m²; kan sluit).  Mooi tuin met besproeiing.  Afdak met buitekamer (50m²).  Buitekamer (kan sluit).  Implemente stoor (±680m²).  Klipstoor (170m²; gedeelte kan gemaak word om toe te sluit).  Stoorkamer (20m²; kan sluit).  Ideale stuk grond vir ‘n saaiboer met ‘n veefaktor ook.

1400 Top Boer Dormers:

500 Ooie (2 tand tot volbek; dragtig).
200 Ooie (2 tand tot volbek; oop).
180 Ooie (gereed vir ram).
80 Ooie met 80 lammers (2.5 maande oud).
20 Ooie met 40 lammers (2.5 maande oud).
160 Ooilammers.
30 Kommersiële ramme.

Nota:  Boer al vir 40 jaar met Dormers.  Frik van der Westhuizen het vir 15 jaar op die Dormerraad gedien en was vir 4 jaar visie president.  Was ook sedert 1995 ‘n senior keurder vir die ras.  Dragtigheidstatus en katalogus inligting sal dag van veiling beskikbaar wees.

TREKKERS (geen papiere nie)
Fiat 680 (met Rovic laaigraaf).  Fiat 1180.  Fiat 980 DT.  Fiat 750.  Fiat 640.  Fiat 1000.  Landini 7860.

Voertuie & Motorfietse
Nissan Patrol (2008).  Mazda (2008; 3L).  GS BMW (2013; 1200cc).  Kawazaki (4×4; 350cc).

PLANTERS
SA Wonder fynsaad planter (5 ry; 5 vt).  John Deere 1750 planter (3 ry; 7 vt; met ekstra merkers; 500l giftenk en pomp).

VOERMAAKTOERUSTING
2 Falcon 80/180 EV Haymakers. Krone KR 130 ronde baler.  2 Falcon baalvurke.  2 SA Wonder Tol rolharke.  4 Tol Kuhn snymasjiene.  SA Wonder hammermeule.  Elektriese hammermeule.

SKOTTEL-; SKAAR- & TANDWERKTUIE
Nalva stikstof toediener (3 ry; 7 vt).  Agri rol-eg (5 ry; 5 vt; met ekstra balk).  Rovic kalkstrooier (5 ton).  2 Vetsak balkploeg (4 skaar).  Vetsak balkploeg (3 skaar).  5 Erdvark saadbedvoorbereiders (5m).  Saadbedvoorbereider (4.5m).  Kontra sny-eg (18 skottel).  Van Zyl damskrop.  Grondbreker (1 tand; vir pype lê).  Vetsak baan kontra sny-eg (7 vt; 3 punt).

SLEEPWAENS (geen papiere)
LM massawa (8 ton).  Fido massawa (10 ton).  2 Wa (4 ton).  Platbak wa (2 ton).

ANDER PLAASGEREEDSKAP
2 Dieselkarre (1000l).  Sleepspuit (2000l; met 20m balk).  Padskraper (3 punt).

SKAAPTOERUSTING
±250 Skaaphekkies.  ±30 Voer- krippe.  30 Sout bakke.  Dubbel wolpers.  Sorteertafel.  Skandeerder.  Weeghok.  Voerringe.  Skaap tiphok.

LOSGOED, ENS.
Trekpale.  Stoor (15m x 4m).  Octo vleismeule (32mm; 3 fase).  Sleep-eg.  Pype.  Kompressors.  Elektriese motor.  Mobiele skaap- en beeslaaibak.

Navrae

Rudi Nagel

Bemarker

082 905 6066


Freek Pieterse

Bemarker

079 560 7088


Jan Mostert

Afslaer

083 306 8408


Details

Date:
Sep 18
Time:
11:00 am - 5:00 pm
Event Categories:
, , ,

Venue

Doornkop, Parys.
South Africa

Organizer

BKBLouwid, VEREENIGING:
Phone:
(016) 423 5377

Other

Category
Properties, Total Dispersal Sale, Equipment, Dormer

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!