In opdrag van Towcon Besigheidstrust word die volgende te koop aangebied op Dinsdag, 27 Mei 2025 en Woensdag, 28 Mei 2025 11:00 te Plaas Braklaagte, Ventersburg.
Op aanbod:
4 BEESPLASE IN VENTERSBURG OMGEWING (Plase word afsonderlik in vier dele en as geheel opgeveil).
SAMEVOEGING VAN DELE 1, 2, 3 EN 4
Totale grootte: 2842,6952 ha
Hierdie eenheid is die volledige plaas, bestaande uit Dele 1, 2, 3 en 4. Hierdie is een van die bes gevestigde plase in die Ventersburg-omgewing, en 'n seldsame geleentheid. Daar is 4 huise met store. Die drade, infrastruktuur, damme en waterstelsels is uitstekend. Daar is ongeveer 350 ha lande vir voerproduksie, insluitend smutsvingerweidings, besproeiing en natuurlike weidings. Die plaas het 88 kampe, 75 waterkrippe, 13 gronddamme, 14 windpompe, 18 sementdamme, 7 dompelpompe, 2 monopompe en 4 sonpompe. Daar is vier van die beste pypkrale in die omgewing, drie watertenks en een rondekrip. Tans word daar met wild en bees geboer. 'n Kamerastelsel op torings word vanuit die huis beheer. 'n 12 kVA Sonstelsel is ingesluit en ook nog 'n 5kVA sonstelsel.
Hierdie unieke boerdery is oor 21 jaar opgebou tot 'n gesofistikeerde stoetveeplaas.
DEEL 1: BEKEND AS "BASKOP"
Plaas BASKOP 215 - 428,6807 ha
Plaas DAMPLAATS 556 - 70,8423 ha
Plaas VRYHEID 345 - 70,8423 ha
Totale grootte: 570,3653 ha
Ongeveer 4 ha besproeiing uit die spruit wat die grens van Deel 1 vorm, en ongeveer 10 ha droëlande. Die plaas is wildwerend omhein met binnekampe en geskik vir bees- of wildboerdery. Daar is 'n koppie op die plaas, asook mooi natuurlike vlei- en rooigrasweidings. Die infrastruktuur, soos hekke en drade, is uitstekend. Daar is een arbeidershuis op die plaas, sowel as uitstekende veehanteringsgeriewe. Die plaas het 13 kampe, 15 waterkrippe, 3 gronddamme, 2 windpompe en 3 sementdamme. Daar is ook 1 dompelpomp, 1 sonpomp, 3 watertenks en 1 kraal. Die heinings is 2,4 m hoog en feitlik nuut, met baie goeie hekke. 11 kampe is links van die N1 en 2 kampe is regs. Besproeiing uit die spruit, met 'n keerwal binne-in, maak besproeiing standhoudend.
Drakrag: 1/5 GVE.
Jaarlikse reënval: 550-600 mm
Veehanteringsgeriewe: Een stel pypkrale met 'n laaibank
DEEL 2: BEKEND AS "FLORIDA"
Plaas FLORIDA 412- 256,9596 ha
Plaas VAALBANK 206 - 78,8009 ha
Plaas GOEDE HOOP 90 - 513,9192 ha
Plaas PIERRE 135 - 5,4732 ha
Totale grootte: 855,1529 ha
Hierdie deel is die hart van al die plase. Aangrensend aan Deel 1 en Deel 3, met die hoofwoonhuis en 'n tweede woning. Skaapvoerkraal met lamhokke en krippe onder dak. Groot store, koelkamer, slaggeriewe en groot klip-
en pypkrale. Wildwerende omheining wat geëlektrifiseer kan word. Daar is 'n pragtige plaashuis met kameratorings om die hele plaas vanaf die kantoor dop te hou. Algehele radionetwerk vir kommunikasie met alle voertuie en ook met handradios. Drade is in 'n uitstekende toestand - 2,4 m hoog, met elektriese skuifhekke. Deel 2 is geskik vir wild- of beesboerdery, met 17 kampe, 23 waterkrippe, 5 gronddamme, 7 windpompe, 6 sementdamme, dompelpompe, 1 sonpomp, 4 watertenks en 1 kraal. Hierdie is een van die beste beesplase in die omgewing, met uitstekende infrastruktuur en lande wat tans onder sorghum geplant is vir voer. ‘n Derde woning op die plaas word tans uitverhuur.
Eskom: 12 kVA-sonstelsels plus 5 kVA-sonstelsel met 35kVA bystand kragopwekker. ‘n Radionetwerk verseker doeltreffende kommunikasie.
Drakrag: 1/5 GVE.
Jaarlikse reënval: : 550-600 mm.
DEEL 3: BEKEND AS "BRAKLAAGTE"
Plaas BRAKLAAGTE 25 - 532,6987 ha
Plaas GROENVLEI 2 - 256,9596 ha
Totale grootte: 789,6583 ha
Uitstekende beesplaas met moderne infrastruktuur, insluitend pragtige beeskrale, store en 'n huis. Die plaas is opgedeel in 35 kampe, 22 waterkrippe, 2 gronddamme, 4 windpompe, 6 sementdamme, 1 rondekrip, 1 monopomp, 1 sonpomp en 1 kraal. Daar is verskeie store en arbeidershuise. Die weidings bestaan uit sagte beesweidings, rooigras en smutsvinger. Die kampe is klein en goed bewerk. Deel 3 grens aan Dele 2 en 4.
Eskom-kragvoorsiening
Drakrag: 1/5 GVE
Jaarlikse reënval: 550-600 mm
DEEL 4: BEKEND AS "MERSA MATRUH"
Plaas STEYNS RUST 89 - 151,2192 ha
Plaas ROODEKRAAL 315 - 176,468 ha
Plaas POPPIES DEEL 227 - 299,8315 ha
Totale grootte: 627,5187 ha
Uitstekende beesplaas met van die beste weidings in die omgewing. Daar is mooi lande om te bewerk. 'n Pragtige woonhuis en store, arbeidershuise, pyp-beeskrale en die moontlikheid van 'n windplaas (windturbine) en vleiweidings. Die plaas is verdeel in 23 kampe, 15 waterkrippe, 3 gronddamme, 2 windpompe, 4 sementdamme, 2 dompelpompe, 1 monopomp en 1 kraal.
Eskom-kragvoorsiening
Drakrag: 1/5 GVE
Jaarlikse reënval: 550-600 mm
VERKOOPSVOORWAARDES (EIENDOM):
1. 10% Deposito dag met veiling. 2. Waarborge vir balans binne 30 dae na bekragtiging. 3. Bekragtiging enige tyd binne 14 dae na veiling. 4. Besitname by registrasie. 5. Volle voorwaardes is beskikbaar.
BEESTE EN SKAPE
636 UITSTEKENDE SIMBRA KUDDE
- 65 koeie met 65 kalwers (3-in-1)
- 20 koeie met klein kalwers
- 280 koeie (dragtig)
- 100 koeie (gereed vir bul)
- 27 verse (dragtig)
- 20 verse (gereed vir bul)
- 24 verse (loop by bulle; moontlik dragtig)
- 10 verse (oop)
- 16 bulle (huidige teëlbulle aangekoop by Top Simbra telers)
- 5 bulle (2 tot 3 jaar)
- 4 bulle (speen tot 2 jaar)
258 UITSTEKENDE BONSMARA KUDDE
- 10 koeie met 10 kalwers
- 105 koeie (dragtig)
- 36 koeie (gereed vir bul)
- 27 verse (dragtig)
- 23 verse (loop by bul)
- 24 verse(gereed vir bul)
- 10 verse (oop)
- 5 bulle (huidige teëlbulle aangekoop by Top Bosmara telers)
- 2 bulle (2 tot 3 jaar)
- 6 bulle (speen tot 2 jaar)
123 UITSTEKENDE DORPER KUDDE
8 TREKKERS
- John Deere 6135B (900 ure; 2022)
- John Deere E110 (selfaangedrewe grassnyer)
- New Holland T6020 (2011)
- Massey Ferguson 680 (2003)
- Fiat 70/56 (1996)
- 2 Fiat 640
- Fiat 640 (4X4)
- Landini 8500
7 VRAGMOTORS
- Izuzu N Series (NPS 300; 4X4; Crew Cab wipbak; 135 000 km; 2018)
- Izuzu N Series (NPS 300; 4X4;
- Volledige Vuurvegter, 80 000 km; 2018)Mercedes Benz Actros 3348 Voorhaker (2001)
- Toyota DA110 Langneus met Veetralies
- Toyota Hino FE12/36 met 12 ton kraan (1994)
- Toyota Hino 300 met Crew Cab en Wipbak
- Samil 50 (met Samil 100 enjin met 12 ton hyskraan)
GRONDVERSKUIWINGSTOERUSTING
- Bell 310SE (TLB met vurkhyser voor; 4X4 1998)
- Bell 315SG (TLB met vurkhyser; 4X4; 2007)
- Bell 315SK MK1 (TLB met vurkhyser; 4X4; 2014)
- Bell 315SL (TLB met vurkhyser; 4X4; 2017)
- Gallion Padskraper (Baie mooi opgepas)
22 BAKKIES
8 LANDCRUISER BAKKIES
- 3 Toyota Landcruiser 4.2D 79 Series (Enkelkajuit; 2003 tot 2019)
- Toyota Landcruiser 4.2D 75 Series (Enkelkajuit; 2003 met wildsbesigtigingsrak)
- Toyota Landcruiser 4.2D 75 Series (Enkelkajuit met wipbak; 1998)
- Toyota Landcruiser 4.2D 79 Series (Enkelkajuit met ekstra onderdele)
- 2 Toyota Landcruiser 79 Series (Enkelkajuit; 2010)
4 TOYOTA HILUX BAKKIES
- Toyota Hilux (2.7i; 4x4; Enkelkajuit; 2003)
- Toyota Hilux (3.0 D4D; 4X4; “Extended Cab”; 2011)
- Toyota Hilux (3.0 D4D; 4X4; Dubbelkajuit; 2012)
- Toyota Hilux Raider (2.8GD-6; 4X4; Dubbelkajuit; 2017)
7 MAHINDRA BAKKIES
- Mahindra Bolero (Enkelkajuit; 2006)
- Mahindra Scorpio (2.2; 4X4; Dubbelkajuit; 2017)
- Mahindra Scorpio (2.2 CRDE M/Hawk 4X4; Dubbelkajuit; 2016)
- 3 Mahindra S10 2.2 M/Hawk 4X4; Dubbelkajuit; 2018)
- Mahindra Genio (Langbak; Enkelkajuit; 2018)
3 FORD BAKKIES
- 2 Ford Bantam 1.6 (505 000 km en 395 000 km; 2005 en 2006)
- Ford Ranger 3.2D XLT (4X4; Dubbelkajuit; kappie & veetralies; 2015)
NOTA: Indien voertuig uit waarborg gaan, kry hulle elke 5000 km halwe diens, en elke 10 000 km volle diens. Daar is mooi na die voertuie gekyk.
22 WAENS
- Interlink “Low bed” met 11 m wa (Val kante)
- Bulperd Dubbelas beeswa
- 3 BB Engineering Sleepwaens
- Serfontein Sleepwa
- Mitsubishi Sleepwa
- Dubbel-as beeswa (sleepwa vir vragmotor)
- 3 Selfgeboude sleepwaens
- Lek waentjie
- 5 Platbak plaaswaens (2- en 4 wiel; 1-6 ton)
- Wipbak wa (vir trekker; hidroulies, 3,6m³)
- 3 Waterkarre
- Craft Aluminium Platbak sleepwa
STROPERS & PLANTERS
- John Deere 1750 (3 ry; 5 vt)
- Soilmaster Koringplanter (6 ry)
- Tefplanter
- Topbemesting planter
- Inboet Planter (1 ry, 3 punt)
- 2 Futura Enkelry Stropers met Slattery Blarekarre (word apart verkoop)
SKOTTEL-, SKAAR- & TANDTOERUSTING
- V-balk Grondbreker (7 tand)
- Grondbreker (2 tand)
- John Deere Roleg (3 ry)
- Kongskilde Vibroflex (18 tand)
- 2 Hidroulise Kontra-Snyeg (28 skottel)
- 2 Vetsak Ploeë (3 skaar)
- Vibrasie Ploeg (1 skaar/pypleêr)
- Stronkekapper (3 ry)
- Rol-êe
- Krultand skoffel
- Kontrasnyeg (22 Skottel; 3 punt)
- Kontrasnyeg (3 punt; 7 vt)
- Een rigting (9 skottel)
ANDER PLAASGEREEDSKAP, KONSTRUKSIETOERUSTING, MOTORFIETSE & ANDER RYGOED
- Kompakteerder (”wacker”)
- Hyster Vurkhyser (2 ton; diesel)
- Dieselkar (1 000l/t)
- Gypsy Karavaan (1981)
- Quantum onkruidspuit (Sleep-tipe; 2000 l)
- Vetsak onkruidspuit (600 l; 3-punt)
- Rovic Kalkstrooier (3 ton)
- 3 Vuurvegters (1000 l volledig)
- 2 Stihl blasers
- 2 Voorbrand aanstekers
- Verskeie “Dumpy Levels” (nie gesertifiseer)
- Beton “vibrators”
- 6 Sementmengers met Petrolenjins
- 3 Bomag rollers met Dieselenjins
- Mobiele Weegkrat
- 2 Meps Elektriese “energizers”
- Dieseltenks met vloeimeters en filters (2200 l en 4400 l)
- Verskuifbare staal watertenk
- Kunsmisstrooier (4m; sleeptipe)
- 3 Planterbakke (sorghum en mielies)
- Wildsbesigtigingsraam (vir 3-ton voertuig)
- Aantal waterpompe (Petrolenjins)
- Kunsmis toediener
- 10 “Containers” (verskillende groottes, koelkamer tipe)
- Izuzu Kb250 Bakkie (vir onderdele)
- Polaris Ranger 700 TWIN (met sitplek agter; 543 ure)
- Bashan 250 motorfiets
- Yamaha 600 motorfiets
PLAAS- & INGENIEURS-WERKSWINKELTOERUSTING
- Mobi Domkragte
- Bottel Domkragte
- 3 Trollies
- 15 Staal werkstafels
- African Machine Toolsup CS280 11 Bandsaag (Swaardiens)
- “Bench grinder” (3-fase)
- Lugdruk “Punch”
- 6 Kragopwekkers met Sweismasjiene (Honda)
- Elektriese Hoekslypers
- Verskeie Elektriese Sweismasjiene
- 10 Aandryf eenhede (”Drive units”)
- 10 Kettingkatrolle
- “Jackhammer” en Bore (lugdruk)
- Lugdrukpype
- 2 Lugdruk Verfmasjiene
- 5 A-rame
- Chiyeh Elektriese saag (staal)
- Industriële staanboor (3-fase)
- Snymasjien (Elektries; “cut-off” masjien)
- Groot aantal trek-kabels
- Bandsaag (3-fase; elektries)
- Doosan Kompressor (933 ure; op wiele; 142cfm)
- Deutz Kragopwekker (75kVa; automatiese oorsit)
- Tirfors+ Kabels (nie gesertifiseer)
- 4 Gas sny- en sweistoestelle (”cutting torch”)
- Waterpomp-aandryf eenhede (”drive units”)
- 2 Ingersoll Kompressors (100 l & 300 l)
- HATZ Supra Diesel Hidrouliese Super Kragpak (met hidrouliese “winch”
- Groot kompressor (dieselenjin op wiele)
VOERMAAKTOERUSTING
- Leo Voermenger
- Welger RP 12 Baler
- Foton B70 Baler
- 2 Swaailem snyers (1.8 m)
- Rolhark (4 tol)
- Hooglaai Voervurk
- Drotsky Hammermeule (3 punt)
- Vetsak Hammermeule (3 punt)
- Vetsak Hammermeule (Elektries)
- Tokman Lekmenger (Elektries; 3-fase)
- Elektriese Awegaar (12 m; elektries)
- Eletriese bakkies hyser (5m)
- Elektriese Skaal
- Sakvuller (Voer)
- 3 Graandamme (+- 62 ton elk)
- Awegaar (7m; Hidrolies)
- Awegaar (4 m; 3 punt)
- Lek menger (elektries)
SLAGHUISTOERUSTING
- 2 Defy Vrieskaste (607 L)
- GEC Coldspace V90 Vrieskas
- Defy Supercool Vrieskas
- Defy CF 530 HC Vrieskas
- Hisense FC26DD Vrieskas (205 L)
- KIC KCG 570/1 Vrieskas
- Stay Cold Vrieskas (vir onderdele)
- Bak Snyer vir polonie (Elektries)
- Essential Mini-Oond (24 L; 2 plaat)
- Butcherquip Biltongstoor
- Samsung Rekenaarskerm
- 2 Elektroniese skale
- Kerwer (Elektronies)
- Henko AC Tafel top 1502 vakuummasjien
- Kramer Grebe kompak D3560 vakuummasjien
- Kubata KA10-150A ektroniese skaal
- Crown-O vleismeul
- Butcher Boy vleissaag (elektries)
- Vleissagmaker
- Droëkas
- 3 Kleefplastiek (12 mic)
- Maypac “Wrapper”
- Sango CD radio
- Tre Spade Worsstopper (hand aangedrewe)
- Slagtersblok
- 4 Groot vleisbakke
- 9 Medium vleisbakke
- 6 Klein vleisbakke
- Crane Scale trekskaal (300 kg)
- 3 Waaiers
- 2 Vlekvrye staal vleis meng tafels
- 8 Vlekvrye staal vleistafels
- Vlekvrye staal wasbak
- Kelvinator stoof
- Vlekvrye staal staalkas
- 2 Rekenaartafels
- 4 Staalrakke
LOSGOED, ENS.
- Gegalvaniseerde Boute, Moere en Wassers (baie, +- 60 lotte)
- Verskeie Buitebande
- Kettings en Belde (”slings”)
- Baie seile
- Deurrame (Enkel en Dubbel)
- Toringlere
- Staal Kratte (verskillende groottes)
- Baie boubokkies en steiers
- Baie staalpype
- Baie skrootmateriaal
- Baie Staalrakke
- 3 Gegalvaniseerde Radio ligtorings met fondasieboute
- Gegalvaniseerde hoekysters, rame, pype ens,. (te veel om op te noem)
- Windpompstaander
- Gegalvaniseerde Sekuriteitshokke
- Lugversorger sekuriteitskaste
- Pallisades
- “Conveyor” belt (1m breed)
- Opslaan Toilette
- Driepoot
- 31 Hout Pakkaste
- Staal Hoekpale
- Baie omheinings materiaal
- Draad
- Tenk staanders
- Roto Tenk (5000l)
- Baie “Precast” vorms (vir betonmure)
- Koelkamerhouers
- 600L Tenks
- Baie gegalvaniseerde bees-, skaap- en varkwaterkrippe, voerbakke ens,.
- Vark kraamhokke
- Lammer en Kalwers kruipvoerhokke
- Verskeie Plaashekke
- 4 Wildskratte (kleinwild)
- Skietraam vir Toyota Landcruiser (Enkelkajuit)
- Staalrakke
- Hout- en Staalrame
- Sonpomp
- Groot aantal dik Nylon en Hessian toue (16 - 25 mm; 50m en langer))
- Kabinette
- Sekuriteitskluise
- Elektroniese skaal
- Baie huismeubels, kaste ens,. (te veel om op te noem)
- Mobiele kantoor (6m)
- Elektriese saktoewerker
- Skaap skandeerder (vir dragtigheid)
Vooraf besigting van los bates-21, 22, 23 & 24 Mei 2025 vanaf 08:00-16:00
Navrae:
Piet Wessels 082 857 7827
Braam Hendriks 082 804 8079
Marthin Venter 082 417 7823
Afslaer:
Jan Mostert 083 306 8408
GPS Koördinate:
28°06'49.5"S 27°12'42.0"E
Veilingspamflet:
Kliek hier om ons Veilingspamflet te besigtig
Kliek hier om ons Beeste en Skape Veilingspamflet te besigtig
Kliek hier om ons Volledige Plase Veilingspamflet te besigtig
Kliek hier om ons Plaas Deel 1 Veilingspamflet te besigtig
Kliek hier om ons Plaas Deel 2 Veilingspamflet te besigtig
Kliek hier om ons Plaas Deel 3 Veilingspamflet te besigtig
Kliek hier om ons Plaas Deel 4 Veilingspamflet te besigtig
Kliek hier om ons Trekkers en Grondverskuiwingstoerusting Veilingspamflet te besigtig
Kliek hier om ons Vragmotors Veilingspamflet te besigtig
Kliek hier om ons Bakkies Veilingspamflet te besigtig
Kliek hier om ons Slaghuistoerusting Veilingspamflet te besigtig
Kliek hier om ons Skottel-, Skaar en Tandwerktuie Veilingspamflet te besigtig
Kliek hier om ons Stropers en Planters Veilingspamflet te besigtig
Kliek hier om ons Waens Veilingspamflet te besigtig
Kliek hier om ons Plaas- en Ingeneurs werkswinkel Toerusting Veilingspamflet te besigtig
Kliek hier om ons ander Plaasgereedskap, Konstruksie Toerusting, Motorfietse en ander Rygoed Veilingspamflet te besigtig
Kliek hier om ons Losgoed Veilingspamflet te besigtig
Kliek hier om ons Voermaak Toerusting Veilingspamflet te besigtig
Kliek hier om die Meubel Pamflet te besigtig.